Afrikaans Bible

PSALMS 145

PSALMS

Return to Index

Chapter 146

1

 Halleluja! Loof die HERE, o my siel! 


2

 Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is. 


3

 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. 


4

 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. 


5

 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, 


6

 wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid; 


7

 wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los. 


8

 Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief. 


9

 Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom. 


10

 Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja! 


PSALMS 147

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: