Afrikaans Bible

PSALMS 129

PSALMS

Return to Index

Chapter 130

1

 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! 


2

 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. 


3

 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? 


4

 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. 


5

 Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. 


6

 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre , wagters op die môre . 


7

 Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; 


8

 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. 


PSALMS 131

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: