Afrikaans Bible

PSALMS 126

PSALMS

Return to Index

Chapter 127

1

 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. 


2

 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet -- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap! 


3

 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. 


4

 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug. 


5

 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie. 


PSALMS 128

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: