Afrikaans Bible

PSALMS 123

PSALMS

Return to Index

Chapter 124

1

 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie -- laat Israel dit sê -- 


2

 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, 


3

 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; 


4

 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan; 


5

 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan. 


6

 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! 


7

 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. 


8

 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. 


PSALMS 125

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: