Afrikaans Bible

PSALMS 121

PSALMS

Return to Index

Chapter 122

1

 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesĂȘ het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! 


2

 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! 


3

 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is, 


4

 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof. 


5

 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid. 


6

 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! 


7

 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise! 


8

 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou! 


9

 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek. 


PSALMS 123

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: