Afrikaans Bible

PSALMS 99

PSALMS

Return to Index

Chapter 100

1

 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! 


2

 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. 


3

 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. 


4

 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. 


5

 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag. 


PSALMS 101

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: