Afrikaans Bible

PSALMS 98

PSALMS

Return to Index

Chapter 99

1

 Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die g‚rubs; laat die aarde sidder! 


2

 Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke. 


3

 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy! 


4

 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob. 


5

 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! 


6

 Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor. 


7

 In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het. 


8

 o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade. 


9

 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God. 


PSALMS 100

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: