Afrikaans Bible

PSALMS 87

PSALMS

Return to Index

Chapter 88

1

 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "M halat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. 


2

 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U. 


3

 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking. 


4

 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. 


5

 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag, 


6

 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand. 


7

 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes. 


8

 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela. 


9

 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie. 


10

 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit. 


11

 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela. 


12

 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering? 


13

 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid? 


14

 Maar ‚k, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet. 


15

 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my? 


16

 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos. 


17

 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my; 


18

 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. [ (Psalms 88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis. ] 


PSALMS 89

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: