Afrikaans Bible

PSALMS 86

PSALMS

Return to Index

Chapter 87

1

 Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge. 


2

 Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob. 


3

 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela. 


4

 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filist‚a en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore. 


5

 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand. 


6

 Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela. 


7

 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou! 


PSALMS 88

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: