Afrikaans Bible

PSALMS 63

PSALMS

Return to Index

Chapter 64

1

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 


2

 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand. 


3

 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid; 


4

 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig -- bitter woorde! -- 


5

 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie. 


6

 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sĂȘ: Wie sal dit sien? 


7

 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart! 


8

 Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar. 


9

 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof. 


10

 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen. [ (Psalms 64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. ] 


PSALMS 65

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: