Afrikaans Bible

PSALMS 19

PSALMS

Return to Index

Chapter 20

1

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 


2

 Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm! 


3

 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion! 


4

 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela. 


5

 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul! 


6

 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul! 


7

 Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand. 


8

 Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die HERE onse God. 


9

 Hulle het inmekaargesak en geval, maar ons het opgestaan en ons weer opgerig. [ (Psalms 20:10) HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep! ] 


PSALMS 21

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: