Afrikaans Bible

JOB 24

JOB

Return to Index

Chapter 25

1

 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: 


2

 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes. 


3

 Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie? 


4

 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is? 


5

 Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie. 


6

 Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm. 


JOB 26

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: